Popular Posts
-
Heat Pumps Alliance, one of many manufacturers of heat pumps today, introduced a new and efficient way of heating water for both resi...
-
From The Ground Approach Compressed Earth Blocks Benjamin Ainsworth 15051392 Kevin Dylan Reddie 10687638 Laurenc...
-
Dear students This blog site is a collaborative project. It provides a platform whereby the different groups in your class have th...
-
Photo of Adriaan Joubert on site A story about a young electrician Adriaan Joubert is a 30 year old electrician who grew up in Roo...
-
The shy construction cowboy from Atteridgeville can be described as an enthusiastic, polyglot with a huge “colgate" smile. His...
-
THE STORY ABOUT JIMMY, THE DAGA MIXER As my fellow group members and I enter the site we have chosen, we are greeted by confused and unf...
-
Not many men can organise a team of builders, analyse building plans, help with the laying of bricks and plastering of walls and take ...
-
Float like a butterfly, cling like a brick Alex Khoza also known as Ali, whether he got his nickname from his full name or from portray...
-
Building a better world , brick by brick. ‘’ Give a man a fish and you feed him for a day, teach a man to fish and you feed him for ...
-
The morning we walked onto site the first person who caught our attention was a young, authoritative man explai...
Tuesday, 17 February 2015
Die storie van 'n jong elektrisiën
Abraham John, 'n 30jarige elektrisiën, het groot geword in Johannesburg, Roodepoort waar hy ook gematrikuleer het by Hoërskool Florida. Alhoewel Abraham nie by 'n universiteit gaan studeer het nie, het hy dadelik na skool by sy pa se besigheid gaan werk as 'n jong onopgeleide elektrisiën. Hy het al sy vaardighede en kennis by sy pa opgedoen is dus vandag 'n suksesvolle elektrisiën in Midrand. Volgens Abraham is sy grootste verantwoordelikheid om die CRC dokument deur die munisipaliteit te laat goedkeur, asook om die werkers gemotiveerd te hou om met toegewydtheid die werk te voltooi. Hy het in die professie ingetree om sy pa se voetspore te volg maar ook omdat hy self 'n passie vir die werk het. Abraham se grootste uitdaging as elektrisiën is om die werkers gemotiveerd te hou asook om seker te maak hulle daag wel vir werk op om die daaglikse doelwitte (om die bepaalde projek op tyd klaar te maak) te bereik. Abraham is die trotste op die elektrisiteit wat hy in sy eie huis gedoen het juis omdat dit hom daagliks herhinder aan hoe belangrik sy werk vir die gemeenskap is. "Die sleutel tot sukses in hierdie professie is om jou vingers af te werk" sê Abraham. Hy is ook baie trots op sy werk as 'n projek finaal voltooi is, "wanneer die ligte aangaan". Abraham John voeg by dat hy bly is ons het hom ondervrae, omdat hy weet ons besef hoe belangrik sy werk is en watter impak dit op die gemeenskap en boubedryf het.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment